GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se eerste tennisspanne het op Vrydag 11 April na Burgersdorp gereis om teen Laerskool Burgersdorp se spanne te gaan meeding.
Dit was 'n fees vir die leerders om deur die pragtige Karoo te ry en boonop tennis te kon speel op 'n heerlike, windstil dag.
Uitslae:
Dogters
Enkels: 21 - 21
Dubbels: 14 - 7
Seuns
Enkels: 33 - 9
Dubbels: 14 - 7
Gemeng: 30 - 12
Laer Volkskool wen met 'n totaal van 112 - 56.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’