GRAAFF-REINET NUUS - ATKV Spandaukop-tak hou op 9 November 'n rolbaldag om fondse vir Candeboo Hospice-tak in te samel. Die dag sal by die Graaff-Reinet-rolbalklub in Parkstraat plaasvind.
Tydens die wedstryd wat om 08:00 begin, sal daar min of meer drie wedstryde, bestaande uit vier spelers per span, gespeel word - dit sal op dieselfde konsep as die plaaslike besigheidsliga gespeel word.
Inskrywingsfooi is R500 per span wat ligte etes insluit en die aand sal afgesluit word met 'n bring en braai (bring eie vleis en bykosse, hout sal voorsien word). 'n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.
Die tak vra verskeie skenkings en borge; kontak Archie Cronjé by 072 700 9490 of Johan du Plessis by 073 140 8953 vir meer inligting en om in te skryf.
Maak seker om vroegtydig in te skryf om teleurstelling te voorkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’