KAROO NUUS - Huis Welverdiend skrik vir niks nie en gryp elke uitdaging met albei hande aan.
Dit wil voorkom of die besigste inwoners in Jansenville almal in Huis Welverdiend woon!
Toe 'n muur van die tehuis verfraai moes word het die inwonende kunstenaars dadelik planne beraam om dit op te helder.
Bestuurder Leoné Mulder vat ook sommer blitsvinnig voor en het net so fluks geverf.
Hofmeyr Hugs of Hope het dié klomp kunstenaars uitgedaag om vrolike sketse te ontwerp, wat deur die instansie vir servette, sakke, kwilts, kussings en borduurwerk gebruik kan word.
Die tema was aalwyne en 'n hele appelboks vol kunswerke het ontwerpe op materiaal, met appliekwerk, skilderstukke, kunswerke en -sketse, en selfs tee skryfstukke ingesluit. Dit het by Hofmeyr Hugs of Hope aangekom en die werkers het dadelik planne beraam om elke kunswerk te benut. Die algemene gunsteling was 'n aalwyn uit vilt.
Naaldkuns deur die vroue by Huis Welverdiend.
Hierdie span skrik nie vir 'n uitdaging nie, hulle het die muur blitsvinnig verfraai. Foto's: Leoné Mulder
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’