GRAAFF-REINET NUUS - Op Saterdag 30 November het die AGS-Betesda gemeente hulle jaarlikse ontbyt vir senior burgers aangebied.
Die vroue wat die fees moes voorberei het dagbreek begin kook en gaste kon reeds van vroeg aansit by keurig gedekte tafels. Daar is ook 'n kort vermaaklikheidsprogram aangebied vir die gaste.
Kort na die ontbytgaste verdaag het, het die Kersfeesbazaar by die Elizabeth Jordaantehuis en Erica Sentrum met 'n spoed begin.
Tuisgebak, bazaarpoedings, pragtige handgemaakte Kersgeskenke, groente en vrugte vars uit die tuin, kerrie en rys, jaffels, pannekoeke en aartappelspirale, heerlike tuisgebakte brode en kersversierings, waaronder ook miniatuur kersboompies, het blitsvinnig van tafels verdwyn waar vaardige inwoners puik bemarking gedoen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’