STEYNSBURG NUUS - 'n Skielike koue front het die Noordoos-Kaap bekruip en laatmiddag op 15 April is die eerste sneeuneerslag in die voetheuwels van die Witteberge, by Lady Grey, aangeteken.
Die eerste sneeu het hierdie jaar opgedaag terwyl die bome nog in hul herfsgewaad getooi is, en sommer nog voor die eerste ryp vir die seisoen.
Oor Burgersdorp, Aliwal-Noord, Molteno en Steynsburg het temperature na 16:00 op 15 April binne ure van 19°C geval na 4°C.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’