NIEU-BETHESDA NUUS - Die dorpie Nieu-Bethesda is het bekendheid verwerf danksy die unieke Uilhuis, wat jaarliks talle toeriste lok.
Maar dit is nie al wat die klein dorpie wat in die holte van die berg se hand lê, gewild maak nie.
Die rustige, landelike atmosfeer en kleindorpie-sjarme is genoeg om besoekers meermale te laat terugkeer.
Daar is ook die jaarlikse pampoenfees.
Maar daar is nog 'n fees wat baie minder bekend is, maar 'n gewilde tradisie op die dorp is - die knoffelfees by Boetie's Bar.
Van waar, oom Boetie?
Oom Boetie Bester, eienaar van Boetie's Pub, is die man agter hierdie wonderlike inisiatief. Oom Boetie het 'n groot tuin vol knoffel.
Op die Dinsdag en Woensdag voor die Knoffelfees haal die plaaslike inwoners trosse knoffel by Oom Boetie om jou gereg mee te maak.
Saans bring jy jou gereg, sit dit op die tafel, kry 'n drankie en wag vir aandete. Besoekers is welkom om deel te neem solank hulle die kroeg ondersteun.
Verskeidenheid
Die verskeidenheid knoffelkosse wat opgedis word, is verstommend.
By hierdie jaar se fees, wat vroeër in November plaasgevind het, het die tafels gekreun van knoffelvetkoek, knoffelhoenderlewerpatee, knoffelaartappels, knoffelhoenderbrijani, knoffelseekospaella, knoffelsous, knoffelroomspinasie (wat jou sinusse dadelik sou oopmaak), knoffelgroente, knoffelgebak en laastens, die mees goddelike snoek met 'n soet knoffelsous.
Die tafels het gekreun en die hele dorp het die volgende dag nog na knoffel geruik.
Feesgangers vertel
Een besoeker sou net een nag in Nieu-Bethesda deurbring, maar het eindelik nog 'n nag gebly vir die fees.
"Elke persoon met wie ek gepraat het, het my bly vra of ek 'n ekstra nag vir die Knoffelfees gaan bly en dit het nie veel gekos om my arm te draai nie," vertel hy.
Jy moet ook nie 'n tipiese fees met 'n markiestent, orkeste op 'n verhoog en kosstalletjies verwag nie.
Hy sê dit is 'n "intieme gemeenskapsgeleentheid waar besoekers met ope arms en vriendelike handdrukke verwelkom word".
Daar was selfs plaaslike, spesiaal gemaakte knoffelrum om te probeer. Dit moes met naeltjies en al gesluk word.
“Ek sweer geen kiem sal my vir die volgende ses maande aanraak nie en as daar vampiere in die dorp was, het nie een verskyn terwyl ek daarna huis toe gestap het nie,” vertel 'n ander entoesiastiese feesganger.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’