BURGERSDORP NUUS - "Elke toeris wat deur Burgersdorp ry, moet om die kerk ry, en dit was vir ons sleg dat ons pragtige klipkerk so beskadig is," sê Georg Putter, kerkraadslid van Burgersdorp se NG Kerk.
"Die gemeenskap moes saam-staan nadat die kerk se koepel in die brand op 17 Augustus 2020 beskadig is," sê Pieter en Estelle du Plessis, ouderlingspaar van die gemeente.
Die brand is vermoedelik deur 'n kortsluiting veroorsaak.
"Die kostes vir dié herstelwerk sou nie met die versekeringsgeld alleen gedek kon word nie. Maar ons het geweet dat met 'n gemeente wat saamstaan en saambid, kan ons oor hierdie hekkie kom."
Die bouspan van Anton Roodt het op 12 Januarie begin om die koepel te herstel en dienste word, tot die bouwerk verby is, vir eers in die kerksaal gehou.
Die koepel is met plastiek bedek om dit teen wind en weer te beskerm.
Rook borrel uit die koepel van die kerk op 17 Augustus 2020.
Bousteiers help om werkers tot op koepel te kry.
'n Volledige beplande steierraamwerk is binne die kerk gebou sodat werkers die koepel stuk vir stuk kan herstel.
'Ons bring jou die nuutste Burgersdorp, Karoo nuus'