GRAAFF-REINET NUUS - Narsingstraat Primêr het Vrydag, 2 November, dié jaar se Graad R-klassie se diplomaplegtigheid gehou.
Die 74 kleintjies het almal "graad gevang" en is gereed om 'n nuwe fase in hul jong lewens te betree.
Tessa Jurries van die plaaslike onderwysdepartment se ESSS afdeling, het, as die geleentheid se gasspreker, `n baie inspirerende en insiggewende boodskap aan die ouers sowel as vir die kinders oorgedra.
Haar toespraak was veral vir die skoolhoof, Amos Grootboom, 'n bittersoet ervaring aangesien Tessa een van sy oud-leerders is.
Die Graad R-leerders het ook hul ouers vermaak deur twee pragtige liedjies te sing.
Die ouers kon opreg trots wees op hul kinders. Die Graad R-personeel bedank graag die skoolhoof, beheerraad, kollegas sowel as ouers vir hul ondersteuning deur die jaar. Hulle wens ook al die leerders voorspoed in Graad 1 toe.
Arneil Swartz, Veronique Swartz, gasspreker Tessa Juries en Kegan Sandt by die diplomaplegtigheid.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'