Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Groot dele van Suid-Afrika – asook Graaff-Reinet en omliggende gebiede – beleef tans 'n knellende droogte.
Burre Burger se droogtehulpfonds, ‘n vrywilliger-organisasie, kan nie voorbly om veevoer landwyd aan boere wat weens die droogte swaarkry te voorsien nie, dus het die Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet verlede week ‘n poging aangewend om ‘n bydrae te lewer aan dié projek.
Dié inisiatief van Burre Burger verleen reeds sedert 2017 hulp aan boere in nood.
Ter steuning hiervan, het Weppie Preppie se leerders het op Donderdag, 14 Maart, elkeen soos ‘n boer aangetrek en ‘n R5 skool toe gevat ten bate van dié projek.
Die skooltjie het dan ook vir Laer en Hoër Volkskool uitgedaag om ‘n soortgelyke poging aan te wend – beide skole het die uitdaging aanvaar.
“Ek wil dankie sê aan al die ouers vir hul samewerking en bydraes gemaak,” het Elene Lesch, Weppie Preppie se skoolhoof gesê. “Die kleuters het die dag baie geniet,” het sy bygevoeg.
Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'