CRADOCK NUUS - Die jaarlikse o. 9-kriekettoernooi, wat elke jaar by Cradock Voorbereidingskool aangebied word, is weer op Saterdag 15 Februarie gehou en was weer 'n groot sukses.
Altesaam twintig spanne met 'n totaal van 166 spelers het deelgeneem, en die veld was vol opwinding van die eerste aflewering tot die laaste hou.
Elkeen wat teenwoordig was, beide spelers en toeskouers, het die dag terdeë geniet, met spanwerk, sportmangees en wonderlike krieket wat die hoogtepunte van die toernooi was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’