GRAAFF-REINET - Geestelike leiers het sedert 2 Desember Kersliedere in verskillende areas in Graaff-Reinet gesing. Asherville was eerste op die lys en die Engelpark voor die Graaff-Reinet-stadsaal was op 7 Desember die laaste bestemming vir die afsluiting van hierdie inisiatief.
“In Johannes 3:16 sê dit dat God sy enigste seun, Jesus, gestuur het om die volk van hul sondes te verlos,” sê Daantjie Japhta, organiseerder van die inisiatief.
“Die aansteek van die kers is ‘n teken van hoop vir mense wat met verskeie siektes gekonfronteer word, onder geweld ly en ook vir die vergrype van die jeug. Ons kan as gemeenskap en gelowiges veg teen die euwels wat ons omring en saamstaan; ons moet ‘n eenheid vorm sodat ons die kan bystaan wat swaarkry,” sê Japhta.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’