GRAAFF-REINET NUUS - In die negende episode van Karoo-kombuis vanaand word 'n plaaslike rum ingespan om by die kos van die Karibiese tema in te pas.
Maar synde dié reeks hom in die Karoo, en grootliks in Graaff-Reinet en omstreke afspeel, is die tema heel gepas hernoem na Karoobean ('n woordspeling op Carribean).
Die ete word voortgesit by die uitmuntende Aa'Qtansisi-gastehuis van Ria Fivaz in Graaff-Reinet en Dawid de Wet gaan sy Afrikanis-rum saambring vir die kosvoorbereiding. Dennis Blignaut is saam met Almare Fourie, eienaar van die Pioneers Restaurant in Graaff-Reinet en ook die gasaanbieder van dié gewilde program, die twee kokke in die kombuis.
Die program is daarop gemik om kykers blootstelling te gee aan die wonders wat die Karoo bied. Onopgesmukte tradisionele Karoo-disse word deur plaaslike gaskokke, en 'n paar uitmuntende sjefs, voorberei en die episodes word by verskillende restaurante, gastehuise en selfs op 'n plaas in Graaff-Reinet opgeneem.
Die negende episode van 'Karoo-kombuis' word vanaand by die uitmuntende gastehuis Aa'Qtansisi in Graaff-Reinet aangebied. Kom kyk op Via vandag om 17:00 op kanaal 147 watter ses uitgelese gaste gaan aan die Karibiese kos weglê.
Elkeen het sy eie tema en spog met 'n spesiaal gedekte tafel vir ses genooide gaste.
Maar kom kyk gerus op Via vandag om 17:00 op kanaal 147 op DSTV daarna om te sien wie is die plaaslike genooide gaste wat gaan aansit vir 'n heerlike Karoo-kuier.
Die negende episode van 'Karoo-kombuis' word vanaand by die uitmuntende gastehuis Aa'Qtansisi in Graaff-Reinet aangebied. Kom kyk op Via vandag om 17:00 op kanaal 147 watter ses uitgelese gaste gaan aan die Karibiese kos weglê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'