KAROO NUUS - Jade Lothering (16), voorheen van Graaff-Reinet, is onlangs gekies om in Frankryk te gaan rugby speel. Lothering is uitgenooi om deel te neem aan die Jean de Villiers-rugbytoernooi in Paarl vroeër vanjaar, wat oor vyf dae plaasgevind het, en is aan die einde van die toernooi gekies om teen ander o. 16-spelers in Frankryk te gaan speel.
Elke spanlid wat gekies is moet sy eie onkoste van R54 000 betaal. Lothering het besluit om 'n rugbykliniek aan te bied, om geld in te samel vir sy reis.
Hy het die jong rugbyspelers touwys gemaak in die sport en hulle gemotiveer om ook eendag groot dinge in die sport te bereik. Die spelers wat die kliniek bygewoon het, het die dag geniet en baie nuwe vaardighede aangeleer.
Enigiemand wat kan help om Lothering finansieel by te staan om sy droom te verwesentlik, kan sy moeder, Sandra Lothering, by 073 090 5216 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’