CRADOCK NUUS - 'n Twaalfjarige perderuiter, Lexie Fourie, het uitstaande resultate behaal bye die Cradock-skou op 24 en 25 Oktober.
Fourie en Kalou Star, 'n Walliese ponie van Kippie Louw, afgerig deur Nic Hanekom, is bekroon as Algehele Grootkampioen Walliese Ponie - 'n puik prestasie waarop Hofmeyr, hul dorp van oorsprong, uiters trots is.
Dit was egter nie al nie. Hulle behaal ook die volgende uitslae:
• Eerste plek in die Walliese ponie 3-gangklas • Eerste plek in die Walliese Jagponieklas
• Eerste plek in die Walliese ponie kinder-enkeltuigklas
• Eerste plek in die Walliese plaasponieklas
• Tweede plek in die Walliese skouponie klas
Op 'n ander ponie, Kalou Song van Kippie Lou, het Lexie in die 12 tot 18 jaar-klas ook eerste plek behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’