KAROO NUUS - Graaff-Reinet Advertiser gaan vanaf einde Augustus in elke laaste uitgawe van die maand, 'n In Die Kol-kompetisie aanbied.
Die gelukkige persoon wie se gesig die betrokke week in die kol is, sal R100 kontant ontvang.
Die wenner moet self voor die voorlaaste uitgawe van die maand met 'n uitknipsel van die foto na die Advertiser se kantoor in Kerkstraat kom om die prysgeld te ontvang.
Indien die prysgeld nie afgehaal word nie, sal die geld aan 'n liefdadigheidsorganisasie van ons keuse geskenk word.
'n Onpartydige individu sal gevra word om 'n persoon op 'n foto te omkring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’