GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool se o16-hokkiespan het onlangs na Burgersdorp gereis vir die 6-aan-'n-kant-hokkietoernooi vir eerstespanne.
Die o16's het nie een oomblik teruggestaan vir die ouer spanne nie en het hul pad oopgespeel tot in die finaal deur vir Hoërskool Hangklip 2 - 1 in die semi-finaal te klop.
In die finaal verloor hulle 1 - 3 teen Burgersdorp Hoërskool vir 'n indrukwekkende tweede plek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’