GRAAFF-REINET NUUS - Die Sarah Baartman-atletiekbyeenkoms het onlangs in Gqeberha plaasgevind, en Hoër Volkskool se atlete het weereens puik prestasies gelewer.
Jarrod Gerber, Vincent Pienaar, AW Lambrecht en Tristan Lodewyk het ook na die OP-kampioenskappe, wat van 13 tot 15 Maart in Queenstown gehou is, deurgedring.
Prestasies van atlete by die distriksbyeenkoms:
• Deidre´ Alberts: 2de in 100 m, 1ste in verspring
• Divan Erasmus: 2de in gewigstoot, diskus en spiesgooi
• Tiaan Erasmus: 3de in spiesgooi
• Jarrod Gerber: 2de in 800 m en 3 000 m
• Curtley Jacobs: 3de in driesprong, 1ste in spiesgooi
• Ben-Lee Jooste: 2de in hoogspring
• AW Lambrecht: 1ste in spiesgooi
• Curwin Niemand: 2de in verspring
• Vincent Pienaar: 1ste in 100 m
• Aidan Thiart: 3de in gewigstoot en spiesgooi
• Carel van Heerden: 2de in spiesgooi, 3de in gewigstoot en diskus
• Hannes van der Merwe: 3de in verspring, 2de in gewigstoot
• Tristan Lodewyk: 3de in 400 m
• Angela Vorster: 3de in gewigstoot
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’