GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool is baie trots op Helen en Erhardt Grobbelaar wat in die Oostelike Provinsie se boogskietspan opgeneem is.
Al die leerders en onderwysers hou styf duimvas vir die boetie en sussie wat van 25 tot 28 September aan die Africa Genesis Archery SA nasionale toernooi gaan deelneem.
Helen het die afgelope naweek by 'n toernooi in Bathurst uitstekend gevaar en die Bullseye en 3D-afdeling gewen!
Helen se tellings:
- Bullseye - 271/300
- 3D - 261/300
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’