GRAAFF-REINET NUUS - Toe Huis Welverdiend onlangs hul gazebo langs die apteek opslaan, het dit net een ding beteken - Huis Welverdiend se Kersmark is hier.
"Na twee weke van partytjie het ons hier by Huis Welverdiend herlaai om 'n fondsinsameling te hou.
Die kombuis was van 4 Desember af 'n miernes van bedrywighede.
Daar is gebak en soms gebrou, daar is gekook en gemarineer, daar is gesny en versier, geknie en verpak en nog baie ander besige werkwoorde," vertel bestuurder Leoné Mulder.
"Die feesseisoen kan sommer in die mense se stap gesien word. Almal is vrolik en opgewek!"
Mulder sê dit was 'n voorreg om soveel van die personeel en inwoners deel van die Kersmark te maak. "
Dit was spanbou in alle fasette in oortreffende trap!"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’