GRAAFF-REINET NUUS - Die verhouding tussen die mense van Huis Aalwynhof vir bejaardes op Aberdeen en die vroue van die Aberdeen VLV-tak, is soos veldblomme en reën.
Ná nog ‘n jaar van vertroeteling het Aalwynhof op 13 November die VLV genooi vir 'n oggend van saamkuier en bederf. Vanjaar is die VLV-lede getrakteer op koek en tee en verskeie produkte wat die inwoners self gemaak het.
Padgie Pienaar, 'n inwoner van Aalwynhof, het vir elkeen ‘n papierrosie gemaak en aangesteek.
Nog ‘n inwoner, André Viljoen, het die geleentheid geopen en almal verwelkom. Viljoen en Pienaar het die VLV, Aalwynhof se beheerraad en personeel bedank vir hul diens en omgee.
Lea van der Vyver, voorsitter van die VLV, het ‘n boodskap van bemoediging gelewer.
Veral oud-Aberdener en VLV-erelid, Jean Watermeyer (93), se teenwoordigheid is deur almal gekoester.
VLV-voorsitter, Lea van der Vyver (links) by Jean Watermeyer, VLV-erelid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’