KAROO NUUS - Groot opgewondenheid heers in Hofmeyr nadat 'n kontant-inspuiting die opgradering van die Hofmeyr Hugs of Hope Naaldwerkopleidingslokaal, bekend as Huis Alida, moontlik gemaak het.
Die eiendom by 5 Hattingstraat, in Hofmeyr is deur 'n anonieme filantroop aan dié instansie geskenk. Die eiendom staan ook bekend as die hoofkantoor van die instansie.
"Hofmeyr Hugs of Hope wil immers trots wees op hul opleidingslokaal," sê Sanet Coetzer, bestuurslid. "Ons sou die gebou ook graag met muurskilderye wou versier, maar daar is te veel vensters, en ons sou nie 'n deurlopende tema kon uitbeeld nie."
'n Stewige finansiële inspuiting vanaf VW Suid Afrika en bystand deur die filantroop, wat steeds by Hugs betrokke is, het aanleiding gegee tot dié groot verbetering wat dié eiendom tans ondergaan.
Huis Alida voor die opgradering.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’