KAROO NUUS - Schoombee Primêr, geleë tussen Hofmeyr, Middelburg en Steynsburg, is die enigste skool vir 130 leerders vanuit die omgewing wie se ouers op besproeiingsplase werk.
Alhoewel die skool veris van ander skole en dorpe, vorm die omliggende landbougemeenskap 'n hegte ondersteuningsnetwerk.
Karen Lord van Hofmeyr Hugs of Hope het 'n donasie skooldrag bekom en 'n groot vrag donkerblou tweedehandse skooluniforms van Summerwood Laerskool in Gqeberha is betyds vir die derde kwartaal afgelewer.
Ouers van Schoombee Primêr het Woensdag 4 September die skool besoek en kon hul kinders se werk besigtig.
Die voorsitter van Hofmeyr Hugs of Hope, Charles Jordaan, woon slegs 13 km van die skool, op De Keur. Hy het aangebied om ouers vanaf De Keur te neem vir die ouerdag, en het toe sommer ook op dié dag die skool se kombuis opgehelder met goudgeel verf en nuwe gordyne.
Die twee manne het die kombuis opgehelder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’