OUDTSHOORN NUUS - Dit is langnaweek en ons kan ontspan:
Violin Dialogue
10:30 NG Moederkerk (65 minute)
- Met Zanta Hofmeyr (viool),
- Miro Chakaryan (viool) en
- Olive Sandilands (klavier)
Hierdie produksie is bekroon met die Fiësta vir beste prestasie in klassieke musiek én beste klassieke musiekproduksie by Aardklop in 2018. Hulle word begelei deur pianis, Olive Sandilands.
Transkribabarok
14:30 NG Moederkerk (60 minute)
Erik Dippenaar speel transkripsies van gewilde orkeswerke uit die Barok-periode. Die program sluit Handel se Musiek vir die Koninklike Vuurwerke, Watermusiek en Die Aankoms van die Koningin van Skeba, asook 'n concerto grosso deur Corelli in.
Nederburg two centuries wine tasting
16:00 Windpomp restaurant (60 minute)
Aangebied deur Michael van Deventer (Bergkelder Vinotèque Wine Bank)
'n Eenmalige geleentheid om die 2018 Platter Wyn van die Jaar, Nederburg se Two Centuries Cabernet Sauvignon 2014, asook vyf ander kultivars in dié reeks te proe. 'n Beperkte aantal sitplekke is beskikbaar. (Geen persone onder 18)
Geen persone onder 18).
Vir die liefde van
17:00 Toerkomsrus gemeenskapsaal (60 minute)
'n ATKV-Erfeniskonsert met 'n samestelling van die verskeidenheid talent wat deur die ATKV ontdek en ontgin word. Op die program is rieldans, koormusiek en optredes deur solo-kunstenaars.
Klein Karoo Galakonsert
19:00 Burgersentrum (80 minute)
'n Besonderse Galakonsert ter viering van Vrouedag met duo's en trio's uit operettes, musiekblyspele en opera, vertolk deur Kaapse-sopraan Minette du Toit-Pearce, TV-persoonlikheid Lynelle Kenned en
Janel Speelman. 'n Onvergeetlike samekoms van stemme met o.a. vertolkings van Barcarolle uit The Tales of Hoffmann, The Flower Duet uit Lakmé, Andrew Lloyd Webber se Pie Jesu en die komiese Cats' Duet deur Rossini. Die jong pianis, Qden Blauw sal die program inlei.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete, Hessequa nuus'