CRADOCK NUUS - Op Saterdag 23 Maart het Cradock-4x4 klub hul jaarlikse opedag by Jenkins Creek gehou.
"Hierdie byeenkoms het vanjaar wye belangstelling gelok met 35 voertuie wat deelgeneem het aan veld roetes op die plaas, Spioenkop asook hindernisse op Jenkins Creek," sê Carel du Plessis van die 4x4-klub.Die Silver Jeep 'klouter' behoorlik teen die berg op met Werner Jacobs agter die stuur.
Deelnemers het van omliggende dorpe en sover as Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen greis om aan die 4x4-uitdagings op Jenkins Creek deel te neem.
Na afloop van die opwindende dag het almal by Jenkins Creek se kuierplek bymekaar gekom vir 'n geslige saamkuier en die prysuitdeling.
Video: Karel Spangenberg takel die hoogte met mening aan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’