HOFMEYR NUUS - Tydens Hofmeyr se jaarlikse landbouskou was daar weer met die mielieboere se mooi mieliekoppe en skatvermoëns gespog.
Dit was die vierde jaar dat dié kompetisie plaasgevind het, en daar kan met sekerheid gesê word dat dit ál strenger, maar ook ál gewilder raak.
Daar was 21 inskrywings, die jongste een so jonk soos 13 en die oudste 89.
Elke inskrywing bestaan uit vyf koppe wat nog hul skudblare aanhet.
Dit toets die deelnemers se skatvermoë.
Die koppe word geskil en die aantal rye en aantal pitte in die ry word getel.
Daar was drie afdelings:
Individuele kop met die meeste pitte:
• Ané Philps (946 pitte) - Prys: een sak Pannar-mieliesaad
• Johan Vermaak (924 pitte) - Prys: 25lt AfriKelp DS
• Naas Vermaak jr. (902 pitte) - Prys: 20lt Kalach
Inskrywing met die meeste rye
• Fanie de Jager (104 rye) - Prys: een sak Pannar-mieliesaad
• Naas Vermaak jr. (100 rye, 4 156 pitte) - Prys: 25lt AfriKelp DS
• Naas Vermaak sr. (100 rye, 3 956 pitte) - Prys: 20lt Kalach
Inskrywing met die meeste pitte (algehele wenners)
• Fanie de Jager (4 278 pitte) - Pryse: een sak Pannar-mieliesaad en 20lt PowerUP
• Matt Philps (4 214 pitte) - Prys: 25lt AfriKelp DS
• Anè Philps (4 176 pitte) - Prys: 20lt Kalach
Drie pryse is ook in gelukkige trekkings gewen:
• Colette Vermaak - een sak Pannar-mieliesaad
• Deon Lategan - 20lt Real IPM Pop-Up
• Suanne Vermaak - 20lt PowerUp
Die organiseerders stuur graag ’n spesiale woord van dank aan Arno Oberholze van Karoo Landboudienste wat altyd gretig help.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’