HOFMEYR NUUS - Boere wat tussen Cradock en Hofmeyr boer sê dat 38 mm van Vrydag 5 April tot Maandag 8 April oor die area uitgesak het. Tussen Hofmeyr en Middelburg het Charles Jordaan 38 mm op die plaas De Keur aangeteken, terwyl Albert van Heerden op Hill and Dale 44 mm uit sy reënmeter gegooi het, en die eerste waterloop vir die jaar aangemeld.
Gerhard Bekker kon 58 mm opskryf op sy rekords vir sy plaas Elandskuil tussen Hofmeyr en Steynsburg. Michael Lord het ook 65 mm oor die afgelope drie dae op sy plaas Soeverein tussen Hofmeyr en Molteno, gemeet.
Video: Roelf Opperman
Die Vlekpoortrivier loop ook vir die eerste keer die jaar en skoolkinders moes tuisbly omdat grondpaaie te glad was..
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’