HOFMEYR NUUS - Altesaam 25 boere van Hofmeyr het op onlangs vanaf Hofmeyr vertrek, met die Gariepdam in die middel van Suid-Afrika as finale bestemming.
Eerste op die lys was 'n besoek aan die internasionale geakkrediteerde slagpale, Driefontein abattoir en -voerkraal. Die eienaar, Henning Joubert, het alle werksaamhede op sy plaas tussen Bethulie en Jagersfontein oopgestel aan die groep. Die besoekers was oorweldig, veral deur die presisie van die werksaamhede by die voerkraal, waar 8 000 lammers op enige gegewe dag gevoer word. Die plaas beskik ook oor sy eie voerfabriek.
Daarna het hulle 'n twee uur lange rit op die Karoo Queen-gasteboot op die Gariepdam geneem en die boere was dit eens dat dit 'n heerlike ontspanne geleentheid was, waar die boere gesellig saam kon kuier op die luukse boot wat 14 oornaggaste kan huisves.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’