GRAAFF-REINET NUUS - Baie geluk aan Hoër Volkskool se matrieks wat eergister klaargemaak het met hulle skoolloopbaan.
Dit is 'n reuse mylpaal en 'n tyd om hul harde werk en toewyding te vier.
Die gr 12 ouers het voor die skool aangetree met sjampanje en 'n erewag vir die klas van 2024 gevorm.
Die matrieks het met gemengde gevoelens deurgestap, van opwinding oor die toekoms en die eindelose moontlikhede, tot hartseer om die bekendheid van 12 jaar en goeie vriende te groet.
Die matrieks het met gemengde gevoelens die jaar se laaste dag van skool afgehandel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’