GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool, Graaff-Reinet, sê met groot opwinding dat Tiaan Fourie, een van sy matriekleerders, op 20 Junie na New Orleans in die VSA vertrek het waar hy Suid-Afrika by ’n internasionale saalperdkompetisie verteenwoordig.
Tiaan is nie net ’n deelnemer nie, maar ook die kaptein van die vyfgangspan, en die skool sien dit as ’n besonderse prestasie waarop hy ongelooflik trots is.
Sy span se afrigter, Sumarie Botha, het hierdie kwartaal boonop ook ingespring as wiskundeonderwyser by Hoër Volkskool - ’n ware voorbeeld van toewyding en veelsydigheid.
Dit blyk dus dan dat ruiters somme kan doen en planne kan maak!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’