Gallery
CRADOCK NUUS - Hoër Landbouskool Marlow se matriekafskeid is onlangs by The Palms in Cradock gehou. Die Gr11 ouers het die reëlings hanteer en het geen moeite ontsien om te verseker dat dit ‘n aand is wat die wolramme nie gou sal vergeet nie.
Alles was perfek, tot in die fynste detail. Goud en swart het 'n luukse atmosfeer geskep met groot volstruisveerruikers om die Great Gatsby-era te vervolmaak.
FOTOGALERY: Hoër Landbouskool Marlow hou matriekafskeid
Die paartjies het aangekom in ‘n verskeidenheid voertuie - spogvoertuie, veteraanmotors en selfs trekkers!
Die 360 Photo Booth het vir heerlike vermaak gesorg.
IB van Heerden (Goofy) en Elizaan Human se foto's is op Kaalplaatz, 30 km buite Cradock geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’