KAROO NUUS - Seuns en dogters van Hoër Volkskool se gr. 8- en 9-leerders was die vorige week baie opgewonde oor die Skeppende Kuns-modeparade wat gehou is.
Elke groep moes die herwin- en afbreekbare materiale van 'n besigheid se handelsmerk gebruik om 'n kledingstuk te maak.
Leerders het behoorlik uit die boksie gedink en was die skeppings iets om oor te skryf. Leerders het selfs Advertiser se koerantpapier gebruik om kledingstukke te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’