GRAAFF-REINET NUUS - Die inwoners van Graaff-Reinet doen nou enigiets om af te koel.
Die kwik in Graaff-Reinet het gistermiddag teen 13:00 tot op 42,5 grade gestyg.
Daar was darem 'n vooruitsig van lafenis met die moontlikheid van reën - glo 40% kans - later die dag, maar die wolke het geswyg.
Vandag word 'n 60%-moontlikheid van reën voorspel. Intussen sweet die termometers wárm op 33 grade.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’