GRAAFF-REINET NUUS - Debonairs Pizza, Graaff-Reinet, het onlangs die National Operational Campaign-toekenning vir die beste Oos-Kaapse tak ontvang. Dié toekenning word jaarliks in Maart aan die beste tak gegee en die kriteria waaraan die takke moet voldoen is baie streng.
Debonairs Pizza Graaff-Reinet het teen 55 ander afleweringstakke uit 69 Oos-Kaapse takke meege-ding en gewen. Die tak bedien die publiek sedert November 2022 en bestaan uit 16 personeellede.
Die eienaar van die tak, Eduan Meyer, en sy twee bestuurders, Elzanne Bruiners (een jaar diens) en Portia Claassen (vier jaar diens), sorg dat alles vlot verloop. Hulle skryf die sukses van die span toe aan die kwaliteit diens en kliëntediens wat hulle daagliks lewer. Meyer sê dat sy visie nog altyd was dat spanwerk bepaal hoe goed die tak doen en dat sy personeel die bron en hart van die besigheid is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’