JEFFREYSBAAI NUUS - Inwoners van Jeffreysbaai, Astonbaai en Paradysstrand, asook huiseienaars met vakansiehuise daar, beleef onsekere ure nadat daar gisteraand, 1 Junie, omstreeks18:30 reeds 140 mm reën oor die omgewing neergesak het.
Verskeie toegansroetes is onbegaanbaar, talle huise is onder water, en die brandweerstasie is ookonbereikbaar.
"Ons omgewing was redelik droog, en reën was nodig, maar inwoners was geensins voorbereid op die groot neerslag sedert verlede nag, nie,"vertel 'n inwoner.
In die omgewing van King's College was paaie onbegaanbaar en Apiesdraai tussen Aston- en Jeffreysbaai is ook gesluit sedert laatmiddag.
"Dit reën steeds, en dis vir ons 'n bekommernis. Talle inwoners skep reeds water uit hul huise," sê Riaan Kolesky, Voorsitter van Paradsstrand Buurtwag.
Video: Riaan Kolesky
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’