HOFMEYR NUUS - Marlene Basson, Solidariteit Helpende Hand se streekorganiseerder in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal se suidstreek, en Lize van Zyl, maatskaplike werker van Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaapstreek, het op Woensdag 10 April na Hofmeyr gereis om twee opleidingsgeleenthede te fasiliteer by Hofmeyr Helpende Hand.
Altesaam ses persone het die opleiding in 'Aanmelding van Kindermishandeling' voltooi, wat hul ook ingelig het rondom wetgewing met betrekking tot kindermishandeling.
Die tweede module in die Seniors-in-aksieprojek is ook aangebied. Beide die opleidingsgeleenthede is in die kerksaal in Hofmeyr aangebied en deur Lize van Zyl gefasiliteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’