GRAAFF-REINET NUUS - Die NG Kerk, Cradock Noord-gemeente, het op 19 Januarie weer die tafels onder die koeltebome in die lowergroen tuin ingeskuif en 'n vrugtefees aangebied.
Vrugte is keurig op die tafels uitgepak, en die 39°C het niemand gepla nie, want die vrugte was koel, kleurvol en smaaklik.
Daar is heerlik gekuier en almal kon meer as genoeg kraakvars vrugte geniet. Daar was ook iets koel om te drink.
So word die voorregte van ’n goeie vrugte-oes gevier, saam met ’n gemeenskap wat die waarde van saamwees ken, al hunker die hele distrik na goeie, deurdringende reën.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’