Breaking News
GRAAFF-REINET NUUS - 'n Haarsalon op Markplein, Graaff-Reinet, het om 17:18 vanmiddag, 19 Mei, in duie gestort.
Veiligheidspersoneel, asook Raadslid Ricardo Smith, SAPD en nooddienste is op die toneel.
Persone is uit die rommel verwyder, en ontvang tans mediese sorg op die toneel, maar meer inligting is nie op dié stadium bekend nie.
Die beskadigde gebou is direk langs die gebou, wat bekend staan as Die Plaza, en dit is geleë by 58 Caledonstraat. Die Plaza is ook 'n besige sentrum laatmiddae, aangesien dit direk oorkant die Taxi Rank geleë is.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie en sal opdateer word sodra meer inligting bekend is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’