GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet Primêr het verlede week hul hoofleiers vir 2019 aangewys.
Die hoofseun en hoofdogter is Denver Lomberg en Chanté Maarman.
Die onderhoofdogter is Simoné Hefke en die onderhoofseun is McCloud Frolick.
'n Groot en belangrike taak wag op die nuwe hoofleiers en die skool wens elkeen van hulle graag baie geluk en sterkte met die leisels vat en voorloop vir 2019.
Chanté Maarman, Denver Lomberg, Simoné Hefke en McCloud Frolick.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'