GRAAFF-REINET NUUS - Leerders van Graaff-Reinet Primêr het Vrydag, 16 Maart, deelgeneem aan 'n pretloop ten bate van die skool se fondsinsamelingsinisiatief vir 2018.
Elke leerders is geborg vir die afstand wat hul sou stap - 2.5km vir die Graad R- tot Graad 3-leerders en 5km vir die Graad 4- tot Graad 7-leerders.
Klasse het ook aangetrek volgens 'n spesifieke tema wat nog verder bygedra het tot die pret.
Die weer het mooi saamgespeel in die tydgleuf wat die stap plaasgevind het en elke deelnemer het hulself terdeë geniet.
Die skool bedank graag elke borg wat bygedra het tot die sukses van dié fondsinsamelingspoging.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'