Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Lede van die Graaff-Reinet gemeenskap is lelik omgekrap oor die gebrek aan dienslewering en wat hulle as onwettige aftrekkings bestempel.
Sowat 50 mense is byeen by die Dr Beyers Naude munisipale gebou in Kerkstraat waar hulle singend protesteer.
Hulle voel ook ongelukkig omdat hulle nog nooit ‘n antwoord ontvang het op ‘n memorandum wat hulle al op 11 Maart verlede jaar aan die munisipaliteit oorhandig het nie.
Volgens Sias Smith, sameroeper van die Graaff-Reinet Aksiekommittee, het die burgemeester van die munisipaliteit, Deon de Vos, onderneem om iemand te stuur om die nuwe memorandum teen 11:30 vandag te ontvang.
Smith sê hulle wil nie baklei nie, maar wil net gehoor word. Hy sê die getalle by die protesaksie word beperk om by die Covid-19 reëls te hou.
Kyk 'n video hieronder:
Sameroeper van die Graaff-Reinet Aksiekomitee, Sias Smith.
Foto's: Chriszanne Janse van Vuuren
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'