GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool het Maandag hul gr 7's tydens die laaste saalbyeenkoms vir die jaar gegroet.
Hierdie was van die boodskappe aan die skoolverlaters:
"Nou is dit tyd om 'n nuwe hoofstuk in julle lewens aan te pak, want hoërskool wag vir julle!"
"Maak nuwe vriende, wees dapper en hou aan om na jou drome te streef."
"Onthou dat jy die vermoë het om enigiets te bereik as jy jou beste gee."
"Geniet die reis, en wees trots op alles wat jy al bereik het."
"Alle sterkte vir die nuwe avontuur wat vir julle voorlê!"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’