GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool-tennisspelers het op 10 en 11 Februarie die Matchpoint Tennisakademie by die jaarlikse TTA-toernooi in Grahamstad verteenwoordig.
Die spelers het pragtig gespeel en uitgestaan tussen al die ander leerlinge met goeie tennis-etiket.
Hermius Botha, Ian Maré en Kobus Lötter het in die o.11 Matchpoint A-span hulle afdeling oortuigend gewen.
Ander deelnemers was:
• Hermius Botha
• Ian Maré
• Kobus Lötter
• Hardus Lötter
• Ulrich Steynberg
• James Asher
• Burger Slabbert
• Ilé du Piesanie
• Ruben Potgieter
• Frederik Steynberg
• Ben Asher
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’