GRAAFF-REINET NUUS - Die o. 16A-hokkiespan van Hoër Volkskool (HVS) het onlangs aan die jaarlikse o. 16-hokkietoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi is deur Hoërskool Pearson in Gqeberha aangebied. Die stad wat bekend is vir sy ongure wind, het nie teleurgestel nie.
Ten spyte daarvan het die spelers hul passie en vasberadenheid op die veld gewys en goeie tellings gelewer.
Tellings:
- HVS 1 - 0 Hoërskool Westering
- HVS 0 - 1 Kingswood College
- HVS 5 - 0 Hoërskool Nico Malan se o. 16B-span
- HVS 0 - 3 Hoërskool Pearson se o. 16B-span
- HVS 1 - 0 Hoërskool Nico Malan se o. 16A-span
- HVS 0 - 1 Diocesan School for Girls o. 16B-span
- HVS 4 - 0 Hoërskool Riebeeck
- HVS 1 - 2 Hoërskool Westering
Spelers wat doele aangeteken het
- Deirdre Alberts - 7
- Shana-Leigh Lange - 2
- Sarah van Eeden - 2
- Jaymee Barnard - 1
Hoër Volkskool het algeheel veertiende uit 20 spanne geeïndig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’