TUINROETE | KAROO NUUS - Die speurtak van Da Gamaskop is dringend op soek na 'n sakeman van Hartenbos, Desmond Share (53), wat Dinsdagaand, 1 Augustus, deur sy familie by die polisie as vermis aangegee is.
Volgens ao Kappie Kapp, woordvoerder van die polisie, het hy die oggend vanaf Hartenbos vertrek om werk in Herbertsdale af te handel, maar het nie teruggekeer nie.
Share se voertuig, 'n wit Ford Ranger word ook vermis en is na wat verneem word Dinsdag laas in die Swellendam omgewing gesien.
Enigiemand met inligting word gevra om met ao Arleen Stokes in verbinding tree (044 606 2213 of 061 317 2239).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’