KAROO NUUS - Somerset-Oos se Gesamentlike Kerke hou jaarliks saam Pinksterfees-dienste en gebruik die offerande om ’n verskil in die gemeenskap te maak.
Hierdie jaar is R10 000 ingesamel ten bate van Somerset-Oos Pienk Bome en Mary Coetzee-kinderhuis.
Hierdie kerke bestaan uit die Assumption Katolieke Kerk, Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), Adonai en Hope UCC, Central Metodiste Kerk, Volkskerk van SA, Pinkster Gemeente van SA en Ebenezer Logie 15.
Wat dit hierdie jaar spesiaal gemaak het, was dat die hele gemeenskap betrek is om te help met die verligting van armoede in die gemeenskap. Vir tien aande het die kerkgangers die Here se naam geloof en geprys. Almal wat die dienste bygewoon het is gevra om 'n sagte offerande te maak asook een of meer van hul beste kledingstukke en komberse te skenk.
Hierdie skenkings is aan die mense wat hul tuiste op die ashoop maak, geskenk. Sondagoggend is sop en brood, maar baie belangriker, ook die Woord van God, bedien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’