GRAAFF-REINET NUUS -'n Geliefde inwoner en oudonderwyser van Hoër Volkskool op Graaff-Reinet, Ferdie de Wet, is op Sondag 23 Januarie in die ouderdom van 95 oorlede.
Hy sou sy 96ste verjaardag oor ses dae op Sondag 29 Januarie gevier het.
Ferdie het in 1943 aan Hoër Volkskool gematrikuleer en ook lank daar skoolgehou. Hy het in 2018 nog sy ou alma mater se 75-jarige matriekreünie bygewoon.
Hy het sy vrou destyds op 'n toe-oë-afspraak tydens 'n kollegedans in Maart 1952 ontmoet en hulle is drie jaar later getroud. Die egpaar het hul 65ste huweliksherdenking op 15 Desember 2021 gevier.
'Ons bring jou die nuuste Graaff-Reinet, Karoo nuus'