GRAAFF-REINET NUUS - Dit wil voorkom asof daar geen einde aan die waterprobleme in die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit is nie.
Die munisipaliteit het verlede week 'n dringende kennisgewing uitgereik ingevolge waarvan inwoners van Aberdeen, Nieu-Bethesda en Klipplaat gewaarsku is dat die water in hierdie gemeenskappe nie veilig vir menslike gebruik is nie.
Die munisipaliteit het die afname in die kwaliteit van die water aan die droogte, en gevolglike daling in dam- en boorgatvlakke, toegeskryf.
Die munisipaliteit het inwoners gemaan om water te kook voordat dit gedrink of gebruik word om kos voor te berei aangesien dit gesondheidsrisiko’s inhou.
Daar was sedertdien geen verdere kennisgewing in hierdie verband nie en daarom kan aangeneem word dat die probleem nog nie opgelos is nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'