GRAAFF-REINET NUUS - Ten spyte van die Weppie Preppie-kleuterskool se pretstap wat verlede Saterdag uitgereën het, het die skool steeds vroeër die week die wenners van dié geleentheid se geldinsamelingsprojek aangewys.
In die voorafgaande weke is die kleuters uitgedaag om plaaslike inwoners en besighede uit te daag om hulle te borg vir dié stap.
Die kleuters het gewoeker met hul vorms en is 'n allemintige bedrag van R31 120 ter stywing van die skool se fondse ingesamel.
Die kleuters wat die meeste geld ingesamel het - en so 'n lekker prys losgelaan het - is (eerste) Divan de Lange, (tweede) Frederik de Klerk, (derde) Elandri Lesch, (vyfde) Adriaan van Jaarsveld en (sesde) Christo Nel en Milla Vorster. Die skool bedank al die kleuters en hul ouers vir hul ondersteuning en harde werk met dié projek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'