GRAAFF-REINET NUUS - Die Aberdeen Full-Service School is uiters trots op die ses atlete wat op 8 Februarie aan die Sarah Baartman-distrik se atletiekbyeenkoms in Gqeberha deelgeneem het.
Tydens die byeenkoms het Johannes Lewies o. 10 ‘n goue medalje verower deur eerste plek in die 80 m te behaal. Hy het ook ‘n bronsmedalje in verspring verower.
Heriano Johnson o. 12 het ‘n silwermedalje vir die 100 m ontvang, terwyl Jose Beyers o. 12 ‘n bronsmedalje vir hoogspring ontvang het.
Renaldo Stevens en Jose Beyers het onderskeidelik vierde en vyfde plekke in verspring o. 12 behaal.
Cruze Botha en Shanay van de Ross het ook aan verspring o. 11 deelgeneem, maar is ongelukkig in die eerste ronde uitgeskakel.
Johannes Lewies (o. 10 80 m) en Heriano Johnson (o. 12 100 m) het na die volgende ronde deurgedring en sal nou op 7 en 8 Maart in Komani teen die topatlete van die Oos-Kaapse skole gaan meeding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’