GRAAFF-REINET NUUS - 'n Polisievrou van Graaff-Reinet het twee inbrekers se misdaadloopbaan vir eers kortgeknip toe sy hulle op heter daad in 'n huiswinkel betrap het.
Volgens polisiewoordvoerder Kapt Bradley Rawlinson het twee mans Sondag, 11 Augustus, om 5nm deur die dak van Ener Spaza in Breëstraat, toegang tot die winkel bekom.
Die eienaar, Denvor Elgoogo, was ten tye van die inbraak in die kerk.
Rawlinson sê die polisievrou het reageer op inligting van die publiek. "Sy het die twee mans, 25 en 27-jaar-oud, binne die besigheid gevang, met die goedere wat hulle wou steel," het Rawlinson aan Advertiser gesê.
Die waarde van die eiendom is R550 en hulle het ook kontant probeer steel. Die polisievrou se naam word om veiligheidsredes weerhou.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'